Die afgelope week is ’n reuse 83 mm reënval in die Paarl gemeet. En op 2 Desember het 2,5 mm in die dorp geval. Dit bring die reënvalsyfer vir Desember 2022 tot dusver op 85,5 mm te staan. Dan word daar nog groot reën oor die naweek verwag.

Volgens geskiedkundige reënvaldata van die Paarl sedert 1924 val daar weinig in Desember meer as 50 mm reën, met die gemiddelde syfer ongeveer net 20 mm.

Sedert 1924 het die meeste reën vir Desember in 1976 geval met 150 mm, en die naasmeeste in 1984 toe 138 mm reën in die Paarl aangeteken is.

You need to be Logged In to leave a comment.