Derby en familiedag

Die jaarlikse derby-kragmeting van Magnolia Primêre Skool en Paarlzicht Primêr vind Saterdag 3 September op Boy Louw-velde plaas.


Die jaarlikse derby-kragmeting van Magnolia Primêre Skool en Paarlzicht Primêr vind Saterdag 3 September op Boy Louw-velde plaas.

Die eerste rugby- en netbalwedstryde skop om 10:00 af.

Toegangsgelde beloop R5 vir almal. Vir navrae, bel Magnolia Primêr by 021 862 2610.

  • Die Klapmuts Primêre Skool wat vanjaar hul 40ste bestaansjaar vier hou ook op Saterdag 3 September ’n familiedag by hul skool as deel van hul vieringe.

Die gemeenskap word genooi om hul basaar en speletjies te kom ondersteun. Om 08:00 open die verrigtinge met ’n pretloop by die skool. Inskrywingsgeld is R3. Vir navrae, bel die skool by 021 875 5471.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.