Deon Afrika verkoop al sedert 1990 die Paarl Post.Foto: Chantélle Hartebeest


Die toewyding van Deon Afrika as koerantverkoper op straat spreek boekdele – maak nie saak hoe die Paarlse hitte buite talm of die ysige koue neersak nie, laat hy nooit Paarl Post-lesers in die steek nie.

Afrika verkoop al die afgelope 34 jaar, sedert 1990, die Paarl Post in die middedorp. Jare het gekom en jare het gegaan, maar Afrika sê hy staan en verkoop steeds die koerant op dieselfde plek by Wamakersplein.

“Pick n Pay was destyds daar en toe staan ek aan die voorkant van die gebou. Dit het altyd alright aan my kant gegaan. Ek het ook nie probleme met mense gehad nie, want daar was nooit die idee van my kant af om mense in te loop nie. Ek het ’n stalletjie ook gehad en dit was saam deel van my besigheid om lekker saam met die mense te gesels en hulle te oortuig om die koerant te koop.”

Volgens Afrika het hy die Paarl Post genader om die koerant as straatverkoper te verkoop. “Ek het soos ’n gewone ou kom vra of ek maar koerante kan verkoop, en toe sê hulle ja. Ek het toe gesê ek het ’n plekkie gesien waar ek kan staan en toe sê hulle dis reg. Ek is toe die reg gegee om op dieselfde plek te staan waar ek vandag nog koerante verkoop. Verkope het altyd goed gegaan, maar dit gaan net ’n bietjie moeiliker noudat Pick n Pay nie meer daar is nie, want dit is mos ’n vinnige winkel.”

Afrika vertel sy geheim oor hoe hy die koerant aan lesers verkoop, is om eers self deur die koerant te lees.

“Ja, ek moet eers so bietjie deurlees en dan sit ek nog ietsie by ook van myself om ’n glimlag op die mense se gesig te sit.

“Ek moet hulle altyd oortuig om die koerant te koop – dis mos my ding. As die koerant so en so lyk, dan moet ek eers vinnig daardeur kyk om te sien wat aangaan, en dan weet ek wat om te sê.”

Afrika is ’n kind van die Paarl en woon in die Amstelhof-woongebied.

“Ek was nog nooit getroud nie. Ek was van plan om te trou, toe het die vrou padgegee en toe sê ek dis oukei, dan gaan ek maar aan met my lewe. Ek het ook glad nie kinders nie, anders sou ek weer groter probleme gehad het. Ek het ’n stalletjie gehad en nou werk ek in ’n winkel, maar hulle weet Donderdae is my koerantdag. Ek is Donder­dae af by die winkel en dan gaan ek aan met die koerant­verkope.”

Met amper vier dekades van koerante verkoop agter die blad sê Afrika hy het geen planne om nou op te hou nie. Lesers kan nog elke Donderdag by hom by die ingang van die Wamakersplein ’n draai maak. . The dedication of Deon Afrika as a newspaper seller on the street speaks volumes. No matter how the Paarl heat lingers outside or the freezing cold sets in, he never lets Paarl Post readers down.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article