Altesaam 12 finaliste van regoor die Drakenstein het aan die Paarl Post en Paarl Mall-matriekrokkompetisie deelgeneem.
Die kompetisie het Vrydagaand in Paarl Mall plaasgevind. Deelnemers moes in hul matriekafskeidrokke op die loopplank pronk waarna die deelnemer met die mooiste matriekafskeidrok gekroon is.
Die finaliste is voor die tyd aangewys en mense kon vir hulle gunstelingdeelnemer stem sodat hulle in die top-12 kan wees. Altesaam 5490 SMS-boodskappe is ontvang.
Courtney Prince van Hugenote Hoërskool is as die wenner gekroon en Nazalea Bruiners van Hoërskool Wellington het die naasmooiste rok aangehad. In die derde plek was Amber Benjamin van die Hoër Meisieskool Paarl.