Dee-jay Booysen van Dico Auto Electrical in die Paarl het die afgelope Saterdag (21 Oktober) aan die tweede laaste ronde van die Westelike Provinsie se Formula Libre-kampioenskap by die internasionale Killarney-renbaan deelgeneem, waar hy die 2023-titel beklink het. Hoewel die laaste ronde in November plaasvind, sal ander renjaers Booysen nie met punte kan inhaal nie. Sy motor is aangedryf deur ’n blitsvinnige tweeliter-Volkswagen-enjin. Booysen word trots geborg deur Dico The Burner Factory en 24+-7 Race Fuels.Foto: