De Poort gereed vir ontwikkeling

Dit is nou amptelik – die De Poort perseel in Suider-Paarl gaan na alle waarskynlikheid ontwikkel word.


Dit is nou amptelik –die De Poort perseel in Suider-Paarl gaan na alle waarskynlikheid ontwikkel word.

Die Drakenstein-munisipaliteit het nou amptelik inligting bekendgemaak oor hierdie groot gemengde gebruik-ontwikkelingsprojek wat beplan word vir Paarl. Die ontwikkeling is by die kruising van Hoofweg-, Tabak-, Turk- en Pinestraat geleë en dek ’n totale oppervlakte van 49 372 hektaar. Hierdie projek beoog om ’n wye reeks fasiliteite en dienste aan te bied, insluitend winkels, restaurante, kantore, residensiële eenhede, toerismefasiliteite, ontspanningsruimtes en ’n bushalte vir langafstandvervoer.

De Poort is beplan as ’n gefaseerde ontwikkeling wat verskeie sektore integreer, en voorsien die volgende:

Winkels en supermarkte: 8 584 m² wat ruimte sal bied vir kleinhandel.

Restaurante en koffiewinkels: 693 m² vir eetgeleenthede en koffiewinkels.

Kantore en spreekkamers: 940 m² wat voorsiening maak vir professionele ruimtes.

Residensiële eenhede: 120 eenhede om aan Paarl se behuisingsbehoeftes te voldoen.

Toerismefasiliteite: 450 m² vir museums, toerismekantore, en konferensiegeriewe.

Ontspanningsfasiliteite: 276 m² wat sportfasiliteite insluit.

Busnode: ’n 1980 m² langafstand bushalte met ’n kaartjiekantoor en parkeerplek.

Hierdie ontwikkeling kan ’n positiewe invloed hê op die ekonomiese groei van die gebied en skep ’n verskeidenheid nuwe werkgeleenthede, terwyl dit voorsiening maak vir toeriste en plaaslike inwoners.

Drakenstein-munisipaliteit se Grondontwikkeling-bestuursafdeling oorweeg tans die aansoek, wat sekere afwykings en toestemmings vereis. Dit sluit in die vermindering van die vereiste parkeerruimtes tot 502, in plaas van 655 en goedkeuring vir die gebruik van grond wat vir padverbreding geproklameer is.

Die munisipaliteit oorweeg ook die skep van fasiliteite vir fiets- en motorfietsparkering, asook toestemming dat verskeie gebruike ’n gemeenskaplike parkeerterrein deel. Verder mag parkeerterreine naby straatgrense toegelaat word om ruimte te optimaliseer. Inwoners en belanghebbendes het tot 2 Desember om besware of kommentare in te dien.

’n Inligtingsessie oor die projek word op 6 November by die Picardie Gasteplaas se konferensie-fasiliteit van 10:00 tot 12:00 gehou, waar inwoners meer oor die ontwikkeling kan leer en hul insette kan lewer. Vir enige navrae of om die volledige aansoek in te sien, kan inwoners Drakenstein-mnisipaliteit kontak by 021 807 4581 of per e-pos aan customercare@drakenstein.gov.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.