Die balletdansers van die Joy Cargill Studio of Ballet het onlangs hul eksamen by die Royal Academy of Dance afgelê en met onderskeidings weggestap. Voor, van links, is Emma Gaansevoort, Nieke Derksen en Anja Smith. Middel: Bella Sheepers, Milan Mitchell, Gisela Crous, Courtney Fredericks en Riley Engelbreght. Agter is Jannes Emmerich en Ciara Engelbreght.