Die Fire Flair-dansstudio het vroeër die Westelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse sportkampioenskap in die aërobiese, fiksheid- en hip hop-dans verteenwoordig. Die groep dansers, afgerig deur Aniska Coetzee, het ongelooflike prestasies by die byeenkoms behaal. Agter is Talita van der Walt (FISAF Novice, brons), Zaandré Lourens (FITSTART, silwer), Almarie Joubert (FITSTART, vyfde), Aniska Coetzee (FISAF Masters, goud), Liza Victor (FISAF Novice, silwer), Leah Loubser (FITSTART, brons) en Lila-Mari Raymond (FISAF Novice, goud). Voor is Mienke Visser (FITSTART, sewende). Aniska het ook vir haar Protea-kleure gekwalifiseer en gaan in November aan die wêreldkampioenskap vir sport in aërobiese danse in Ostrava, Tsjeggiese Republiek, deelneem.Foto:
Dansers maak indruk
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.