Vier leerders van Laerskool Hugo Rust, Jontaye Jones, Lani Fuls, Ryann Marthinussen en Lelanie Steenkamp, het onlangs hul provinsiale kleure in uitvoerende kunste: dans verwerf en ook goue medaljes ontvang. Die groep het verder ’n spesiale toekenning vir die beste junior dansgroep ontvang. Hulle het die Wes-Kaap by die onlangse nasionale Talent Africa-kompetisie in Port Elizabeth verteenwoordig. Al vier leerders het gekwalifiseer om Suid-Afrika binnekort by die Talent America-kompetisie in New York te verteenwoordig.