Liam Thompson, ’n gr.7-leerder aan Hugenote Laerskool, het onlangs ’n goue medalje in ’n groot danskompetisie gewen. Liam, wat lid is van die Phox-dansakademie in die Paarl, het as deel van die span Vibe aan die South African Fitness Sport Aerobic Federation (Sasaff) se kompetisie deelgeneem. Liam se span doen gevorderde hip-hop-danse wat deel is van die Fitness and Sports Aerobics Federation (Fisaf) se internasionale kurrikulum. Die Sasaff-kompetisie, waaraan Liam en sy span deelgeneem het, is ’n Suid-Afrikaanse klubkompetisie. Hulle het ’n goue medalje in die afdeling vir “small crew” gewen.