Ek wil graag die persoon bedank wat my uit my motor gered het toe ek in ’n ongeluk betrokke was op 6 Maart op die hoek van Bergrivier Boulevard en Van der Lingenstraat.
Ek is nie seker wat gebeur het nie, maar twee motor het in my motor vasgery.
Ek was vasgepen in my motor en ernstig beseer.
’n Onbekende man het tot my redding gekom en my na veiligheid gebring totdat die ambulansdienste aangekom het.
Baie dankie vir die onbaatsugtige daad en dit teenoor iemand wat jy nie eens ken nie. Ek weet nie wie jy is nie, maar baie dankie, mag die Here jou seën.