Kliëntediens is deesdae maar swak en dun gesaai.

Ek wil egter een besonderse plek uitsonder en dit is Sorbet by Drakenstein-sentrum.

Met ’n onlangse besoek is ek regtig baie beïndruk deur hul opregte vriendelikheid, die manier waarop klante hanteer word en die kundigheid en vernuf wat hulle toon. Ander instansies kan werklik ’n ding of twee by hierdie bekwame vroue gaan leer.

Voorwaar ’n plek om te gaan besoek.


Ilse,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article