Hiermee wil ek net graag my dank uitspreek teenoor die personeel van Paarl-dierehospitaal in Boschstraat vir jul bystand en professionele diens toe ons die moeilike besluit moes neem om ons geliefde labrador ná 14 jaar dierehemel toe te stuur.

Jul vriendelikheid, deernis en ondersteuning op die dag het ontsettend baie beteken en ’n mate van rustigheid gebring.

Dankie vir die puik diens. Doen so voort.


P. Swart,

paarl

You need to be Logged In to leave a comment.