Byna twee maande gelede het ek die ongelukkig ervaring gehad om deel van die misdaadstatistiek te word.

Ek is een laat-Vrydagmiddag die slagoffer van OTM-bedrog. R30 000 is baie vinnig en onvermoedend vanuit my bankrekening gesteel by die OTM-sentrum van FNB in Lady Greystraat, Paarl.

Die hele gedoente was ’n onaangename en kommerwekkende ervaring, maar wat wel ’n positiewe nadraai was, was die hulp en ondersteuning wat ek vanaf verskeie persone gekry het.

Dit was veral die bestuurder van FNB Paarl, Babsie Strydom, wat uit haar pad gegaan het om my te hulp te snel.

Al te dikwels hoor ’n mens van soortgelyke voorvalle van OTM- of ander digitale bedrog en die betrokke bank of onderneming trek net hul skouers op en plaas dan die skuld op die skouers van die slagoffer.

Maar die dame het my al die pad bygestaan en ook verseker dat ek elke sent terug gekry het wat die skobbejakke uit my rekening gesteel het. Baie dankie Babsie dat jy daardie ekstra tree vir my geneem het, mag die Here jou seën.


Neil Marquard,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.