Daar is gedurig klagtes oor klantediens by sommige winkels, maar vandag wil ek net my diepe dank betuig aan Jay-lin Hendricks en Shakira Jacobs van Dis-Chem in Paarl Mall vir hul uitstekende diens. Hierdie twee het nie gehuiwer om my te help nadat ek per ongeluk twee keer vir dieselfde aankope betaal het. Julle verdien ’n vet bonus.