Die versengende hitte wat die vallei in Desember en die afgelope naweek getref het, het ’n daadwerklike uitwerking op die damvlakke gehad. Alhoewel die vlakke steeds taamlik gesond lyk vir die somermaande wat nog voorlê, word die publiek steeds gemaan om spaarsamig met hul waterverbruik te wees. Hier pronk die Voëlvleidam steeds vol water. Plaaslike damvlakke wat Drakenstein en Kaapstad voed, is as volg: Theewaterskloof 94,42% (2020: 91,53%), Bergrivierdam 93,63% (89,86%), Wemmershoekdam 83,75% (89,66%) en Voëlvleidam 88,31% (84,53%). Foto: Samuel Walters