Die somer is skaars hier en die watervlak in damme is reeds aan die daal. Die gemiddelde watervlak in die Wes-Kaap het vandeesweek tot 69,8% gedaal. ’n Jaar gelede het dit op 82,6% gestaan, en verlede week was dit 71,1%. Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het verlede week gesê hoewel watervlakke tans nog nie op sigself kommer wek nie, kan ’n mens nie voorspel hoeveel die volgende winterreën gaan wees nie. Sy departement gaan in November met die nasionale departement van water en sanitasie en munisipaliteite vergader oor hoe waterverbruik in die komende hidrologiese jaar bestuur moet word. Bredell sê sy departement kyk ook saam met munisipaliteite na die instandhouding en ontwikkeling van waterinfrastruktuur. Die watervlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 80,4% tot 79,1% gedaal, teenoor die 101,5% wat dit ’n jaar gelede was. Die watervlak van ander groot damme in die gebied is: Voëlvleidam: 67,9% (69,6%), Bergrivierdam: 96,9% (97,8%) (foto) en Wemmershoekdam: 87,4% (87,6%).Foto: Jacques Hugo
Damme se watervlak daal effens
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.