Die Wellingtonse Dahlia-vereniging hou sy jaarlikse dahlia-skou hierdie Saterdag (19 Januarie) in die Wellington-stadsaal.

Minder blomme sal vanjaar as gevolg van die klimaatsverandering en verminderde voorraad van bolle uitgestal word, maar besoekers kan steeds blomme van hoogstaande gehalte verwag.

Verskeie klubs in die Wes-Kaap sal om die pryse meeding.

Die deure open 13:00 vir die publiek en toegang is gratis.

Bel Benny Davey by 083 324 0971, Gavin Watson by 073 647 2871 of Tony Pretorius by 079 427 3595 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.