Andries Buys (voor, middel), bekroonde skywer van die boek Die Dao van Daan van der Walt, het onlangs ’n praatjie gelewer aan studente van die Breytenbach-sentrum se Skryfskool in Wellington, wat onder leiding van Rachelle Greeff aangebied word. Die Dao is die oudregter se eerste roman, maar hierdie epiese verhaal van ’n bejaarde man se soeke na homself en mens wees het reeds verskeie literêre toekennings losgeslaan. Voor van links saam met Andries is Elsabé de Jager, Marianne Vorster, Wilmarie Peceur en Tan Twan Eng (bekroonde internasionale skrywer). Agter is Lise Beyers, Rachelle Greeff, Anna-Rita van der Westhuizen, Adri de Villiers, Alma Rossouw en Laureen Rossouw.