Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Paarl sal sy beheer oor die Drakenstein-munisipaliteit behou nadat hy met meer as 65% van die stemme weggeloop het tydens die 2016 munisipale verkiesing.

DA burgemeesterskandidaat Conrad Poole sal dus vir die volgende vyf jaar as burgemeester van Drakenstein dien.

Met 38389 (66,69%) stemme in hul guns, het die DA in 26 wyke skoonskip gemaak en selfs sterker teruggekom in dié verkiesing as tydens die 2011 munisipale verkiesing toe hulle 57% van die stemme ontvang het. Hulle sal voortaan 43 setels waaronder 17 proporsionele setels, in die Raad beklee.

Die African National Congress (ANC) het 23,86% stemme ontvang en in ses wyke geseëvier, terwyl die People’s Democratic Movement (PDM) ‘n sege in een wyk behaal het. Die Economic Freedom Fighters (EFF) het geen wyke gewen nie maar wel ‘n stempersentasie van 2,43% ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.