DWELMS

  • Paarl-polisie het in ’n roetinepatrollie twee verdagtes in hegtenis geneem met ’n reuse-hoeveelheid dagga in hul besit. Die verdagtes is betrap terwyl hulle verseëlde daggasakke van ’n vragmotor na ’n Quantum-minibus oorgelaai het. Daar is op altesaam 780 kg deur die Paarl-polisie beslag gelê. Anthony Tsvangirayi (44) en Aphiwe Madadasa (36) is in hegtenis geneem en het reeds in die Paarl-landdroshof verskyn in verband met besit van en handel in dagga.
  • Paarl-Oos polisie het verskeie misdaad­voorkomingsoperasies onderneem. Verdagtes is vir die besit van dwelms, gevaarlike wapens en alkohol in hegtenis geneem. Kapt. Anthony Sauls, Paarl-Oos-polisiewoordvoerder, sê daar is op sowat 26 g tik, 60 Mandraxtablette en 40 stoppe dagga beslag gelê. Altesaam 11 mense is aangekeer.

FRAUD

  • Paarl police is warning the public against a new trend in internet fraud. The latest trend is where victims receive one of the following sms’s: indicating that they have won a prize, but in order to receive the prize they need to pay a release fee; or a purchase made via the internet for a very special price on a product; or advertisement for loan funds via sms is received and once funds are paid, nothing is received. The public is warned to verify these types of advertisements before paying any funds.

You need to be Logged In to leave a comment.