Die Laerskool Courtrai se o.13A-rugbyspan het vanjaar ’n droomseisoen op die rugbyveld beleef. Hulle het altesaam 22 wedstryde gespeel, 20 gewen en slegs twee verloor. Altesaam het hulle 715 punte aangeteken en 107 afgestaan. Hul interskolewedstryd teen die Laerskool Bredasdorp het hulle vir die eerste keer gewen met 18-15. En Saterdag het hulle weer beïndruk toe hulle die Laerskool Vredendal met ’n reuse 40-0 geklop het. Op die foto is die seëvierende span saam met die afrigter en skoolhoof Jan Brand en afrigters Wimpy Bosse en Dewald Carstens.Foto’s: Manfred Matjan
Courtrai-seuns maak skoonskip
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.