Mia Janse van Noordwyk (gr. 6) en Pietman de Necker (gr. 4), albei leerders aan die Laerskool Courtrai, het onlangs aan die SA Atletiekkampioenskap deelgeneem. Mia het goue medaljes in die 150 m-hekkies en verspring gewen en twee SA rekords verbeter. Sy het ook ’n silwermedalje in die 75 m-hekkies – ook in ’n SA rekordtyd – gewen. Pietman ken ook sy storie en het ’n goue medalje in die hoogspring vir seuns o.10 gewen.