Altesaam 42 leerders van die Laerskool Courtrai het onlangs aan die Paarlvallei-eisteddfod se Afrikaanse en Engelse voordragafdelings deelgeneem. Die skool is trots op die 17 goud cum laude-, 16 goud plus-, agt goue en een silwer plus-medaljes wat dié leerders opgeraap het.