Tydens die Tuin van Digters-fees in Wellington is die Ingrid Jonker-prys vir ’n Engelse debuutbundel aan Jacques Coetzee (naasregs) oorhandig vir An Illuminated Darkness. Die prys word jaarliks beurtelings in Afrikaans en Engels aan ’n debuutbundel toegeken, en word deur digters beoordeel. Saam met Coetzee is prof. Brian Walter (namens die pryskomitee en self ’n voormalige wenner daarvan), Simone Garcia Marques (dogter van Ingrid Jonker) en Caroline Coetzee (Coetzee se ma). Die Breytenbach-sentrum in Wellington skenk ook jaarliks ’n beeldjie aan die wenner, gemaak deur die Paarliet Nanette Ranger. Foto: Engela Duvenage


Coetzee kry prys vir bundel

You need to be Logged In to leave a comment.