Cody Hammond (15) van die Patrick Ross-karate-akademie in die Paarl en ’n leerder van Bergrivier Sekondêr, het dubbelgoud by die Kaapse Wynland Karatefederasie se kampioenskap gewen. Cody is met sy prestasie ook in die Suid-Afrikaanse nasionale span opgeneem.