Chris Chameleon en Daniella gaan Bôrdienghuis toe

Die gewilde sanger Chris Chameleon, wat pas bekroon is met ’n Ghoema-prys in die kategorie beste Afrikaanse solo-liedjieskrywer, is saam met Daniella Deysel Kat & Wolf op Woensdag, 16 Mei, in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington.


Die gewilde sanger Chris Chameleon, wat pas bekroon is met ’n Ghoema-prys in die kategorie beste Afrikaanse solo-liedjieskrywer, is saam met Daniella Deysel Kat & Wolf op Woensdag, 16 Mei, in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Hierdie musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.

Kat & Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.

Chameleon gee ook altyd êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!

Die vertoning begin 20:00. Kaartjies kos R130 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

* Irna van Zyl stel haar boek Gifbeker in Wellington bekend

Irna van Zyl stel vanaand (3 Mei) in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum in Wellington haar nuutste boek, Gifbeker, bekend. Volgens haar verwys die die titel na die giftigste sampioen in Suid-Afrika. Hy is verleidelik mooi, smaak glo heerlik, maar binne ses ure nadat jy dit geëet het – blykbaar selfs net ’n klein happie – besef jy iets is verkeerd. Die bekendstelling begin vanaand om 18:30 vir 19:00. Kaartjies kos R30 per persoon met wyn en iets te ete ingesluit. Bespreek by 02 873 7376 of 084 501 0355.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.