Klein Nederburg Sekondêr bied hierdie Saterdag die Chester Williams-7’s-toernooi aan. Dit is die eerste keer dat die toernooi plaasvind sedert dié legendariese Springbok se dood in 2019. Tien skole gaan deelneem, wat insluit Bergrivier Sekondêr, Charleston Hill Sekondêr, Groendal Sekondêr, Kylemore Sekondêr, New Orleans Sekondêr, Hoërskool Noorder Paarl, Paulus Joubert Sekondêr, Hoërskool Wellington en Weltevrede Sekondêr. Die sportbyeenkoms vind op Klein Nederburg se sportterrein plaas en die eerste wedstryd skop om 08:00 af. Toegang beloop R40 vir volwassenes en R20 vir kinders.