Ceres het Saterdag Hillcrest se tuisgrond betree met ’n nuwe span met baie sterspelers, maar kon nie die pyp rook op ’n nat Pelikaan Park nie, dit was Hillcrest wat die wedstryd gewen het met 32-20.
Die span van Ceres het die tuisspan onkant betrap en binne drie minute het die besoekende span agter die doellyn gaan kuier vir die eerste drie van die wedstryd. Maar die tuis span het gou teruggeslaan met twee drieë deur die senter-paar Lesley Gertse en Hugh Reece Claasen.
Ceres se agterlyn was die eerste helfte van die wedstryd baie gevaarlik, en het by tye Hillcrest se verdediging laat bont staan.
Baie krediet gaan aan die tuisspan se voorspelers vir goeie samespel, dus kon die gevaarlike agterlyn baie goeie aanvallende spel oplewer. Hul gevaarlike vleuels, Dylan Maart en Emilio Coetzee ,het talle maal hul opponente laat bont staan. Hillcrest het reeds in die eerste helfte vier van hul ses drieë aangeteken om ’n bonuspunt te verseker.
Hillcrest se drieë is gedruk deur Emile Booysen (2), Lesley Gertse, Hugh-Reece Claasen, Dylan Maart en Dane Kruger.
Hillcrest pak Saterdag 30 Julie Delicious-Ceres in ’n wegwedstryd. Die bus vertrek om 10:30 vanaf Mannies. Vir meer besonderhede, kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of stuur ’n e-pos aan jovanrewc@gmail.com.


