CapeNature sal vir die tydperk van 13 – 20 September gratis toegang na 22 natuurreservate in die Wes-Kaap aan die publiek bied.
Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning kondig aan dat CapeNature verheug is om dagbesoekers na hul reservate te verwelkom waar familie en vriende saam die natuurskoon en erfenis kan ervaar.
“Dit is ’n uiterse plesier om aan besoekers dié geleentheid te bied waarmee hulle gratis toegang gegun word om van die mees beeldskone uitsigte in die provinsie te kan geniet.”
Besoekers aan CapeNature sal gratis toegang gegun word vir dagbesoeke (uitsluitend oornagverblyf) by die volgende 22 natuurreservate regoor die Wes-Kaap:
Weskus: Groot Winterhoek, Bird Island, Cederberg, Matjiesrivier, Rocherpan.
Wynlande: Limietberg, Hottentots Holland, Assegaaibosch (slegs piekniek).
Overberg: Kogelberg, Stony Point, De Mond, De Hoop, Marloth, Grootvadersbosch, Walker Bay.
Tuinroete: Robberg, Keurbooms River, Goukamma, Geelkrans.
Karoo: Swartberg, Gamkaberg, Anysberg.
“Ek moedig alle Suid-Afrikaners aan om ’n dag in die natuur te spandeer en sodoende hulle natuurlike erfenis te gaan verken, teen gratis tariewe! Alle gesondheid- en veiligheidsmaatreëls sal nagekom word, boonop die vereiste dat alle besoekers maskers sal dra,” kondig bestuurshoof van CapeNature, Dr Razeena Omar, aan.
Die volgende terme en voorwaardes tel:
•Daar sal geen bewaringsfooi wees vir dagbesoekers aan enige CapeNature reservaat wat oop is aan die publiek tussen 13-20 September 2021.
•Gratis toegang sal nie gegun word aan besoekers wat deur die kontaksentrum óf aanlyn besprekings maak nie.
•Gratis toegang sal tot algemene toegang (bewaringsfooi) van toepassing wees, insluitend staproetes, bergfietsryers en ander daaglikse aktiwiteite sal toegelaat word. Die kwytskelding sal nie toegedien word tot die Walvisroete, uitgekose landeienaars, vennote, toegewings (insluitend toere, perdry, ens.) nie.
•Gratis permitte sal aan diegene wat die reservate gedurende dié tydperk besoek, gegee word om sodoende te verseker dat toegangsyfers en aantal aktiwiteite van rekord gehou word.
Word opnuut verlief op die natuur en jou natuurlike erfenis gedurende dié Toerisme Maand!
Vir meer besonderhede, besoek www.capenature.co.za en onthou om CapeNature se naam hoog te hou op sosialemedia-platforms met die gebruik van die volgende hitsmerke: #LoveNature #Accessweek en #TourismMonth
Kontak 087 087 8250, rig jou epos na reservation.alert@capenature.co.za óf besoek https://booking.capenature.co.za/ vir verdere inligting.


