Cantare, die koor van die Hoër Jongenskool Paarl, is onlangs as die derde beste seunskoor in Suid-Afrika by die nasionale ATKV-Applous-koorkompetisie in Bloemfontein aangewys. Cantare het in die prestige-afdeling deelgeneem, wat voorheen as die “meer ervare” kategorie bekend gestaan het.