Die Paarlse blits Canan Moodie is vandeesweek as die junior Springbok-rugbyspeler van 2022 aangewys. Canan, wat van Paarl-Oos kom, is ’n oud-leerder van die Landbouskool Boland, en het verlede jaar ’n opskudding in internasionale rugby veroorsaak toe hy as 19-jarige in sy debuutwedstryd as Springbok ’n pragdrie gedruk het. Canan speel tans vir die Blou Bulle. Die oud-Boishaaier Evan Roos het ook weggestap met die louere as die Verenigde Rugbykampioenskap se speler van die jaar. Nog ’n oud-Landbouskooler, Sebastian de Klerk, is as speler van die jaar vir die Carling-Curriebeker-premierafdeling aangewys. Siya Kolisi is as Springbok-rugbyspeler van die jaar aangewys.