Die Paarlse blits Canan Moodie is vandeesweek as die junior Springbok-rugbyspeler van 2022 aangewys. Canan, wat van Paarl-Oos kom, is ’n oud-leerder van die Landbouskool Boland, en het verlede jaar ’n opskudding in internasionale rugby veroorsaak toe hy as 19-jarige in sy debuutwedstryd as Springbok ’n pragdrie gedruk het. Canan speel tans vir die Blou Bulle. Die oud-Boishaaier Evan Roos het ook weggestap met die louere as die Verenigde Rugbykampioenskap se speler van die jaar. Nog ’n oud-Landbouskooler, Sebastian de Klerk, is as speler van die jaar vir die Carling-Curriebeker-premierafdeling aangewys. Siya Kolisi is as Springbok-rugbyspeler van die jaar aangewys.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.