Die derde Kobus Wiese-SuperSeries vir o.13’s is die afgelope week by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl gehou.
Dit is nou ‘n jaarlikse instelling wat saam met die hoërskole se Jean de Villiers-toernooi van die Hoërskool Gimnasium en die Frans Malherde-toernooi van die Hoër Jongenskool gehou word.
Nie net neem Wes-Kaapse laerskole hieraan deel nie, maar 45 laerskole van oor die land heen neem deel met 78 spanne wat sake oor vier dae op die sportveld uitspook. Die doel van die toernooi is om leerders die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik en in die proses deur top-skole raakgesien te word, wat daardie talent net nog verder kan uitbou.
Die Kobus Wiese-SuperSeries bied die geleentheid vir spelers in netbal, rugby en hokkie om uit te blink.


