- Die Bôrdienghuis vier Oktobermaand met produksies wat jou lagspiere behoorlik gaan laat werk. Frank Opperman is te sien in die produksie, Hond. Opperman vertolk die rol van ’n man wat besig is om afskeid te neem van sy hond wat te oud en siek is om veel langer te leef. Die man se huwelik is boonop besig om te wankel. Kaartjies is R120) Skop die sentrum se buitelug-filmaande af met Verskietende Ster. Dié film vertel die verhaal van Phillip Schuman, die 15-jarige seun met ’n uitsonderlike musikale talent. Die fliek is gratis maar bespreking is noodsaaklik.) Gerald Clark op die planke. Clark is bekend vir sy blues-klanke, sy vernuftige kitaarspel en lirieke en stem wat diep aan jou siel raak. Kaartjies is R120.) 29 Oktober is Marc Lottering te sien in Hastag Lottering! In Hastag Lottering! kan jy uitsien na splinternuwe grappe en staaltjies – van die skoonheid van garnale tot die gevare van Whatsapp-groepe. Kaartjies is R120.
Vertonings begin 20:00. Heerlike pizzas word vanaf 18:00 bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar.
Bespreek jou plek by besprekings@breytenbachsentrum.co. za of 073 435 1022.
11 Oktober
13 Oktober
28 Oktober
29 Oktober