Wat gebeur dié maand by die Bôrdienghuis-teater in Wellington?
27 Augustus
- Gert Vlok Nel is om 13:00 op die planke. As jy op soek is na iemand wat sy musiek lééf en die alleman se Afrikaanse wêreld tot in Nederland vol boemel met eerlike woorde oor die liefde en verlies, dan kan jy jou menslikheid, en ’n traan of twee, hier kom vind. Kaartjies kos R50.
- Die Wellingtonse mansensemble, Adagio, wys om 19:00 waarom hulle so vinnig naam maak en al met vele pryse bekroon is. Kaartjies kos R100 en beskikbaar by Olivia Ockhuis by 021 873 2786.
14 September
- Ná ’n suksesvolle Europese-toer ter uitreiking van sy jongste CD, Introvertigo, is Suid-Afrikaanse blues-rocklegende, Dan Patlansky, terug in die land en tree vir die eerste keer by die Bôrdienghuis-teater op. Die vertoning begin om 20:00. Kaartjies is R120.
- Die Tuin van Digters 2016 vind vanjaar plaas vanaf 16 tot 18 September. Te sien op die verhoog is Jana Cilliers wat Petra Müller se gedigte vier, asook rymkletsers, digters, musiek en drama.
23 September
- Piet Botha is die voorsanger van Jack Hammer wat een van die oudste rock bands in Suid-Afrika is en steeds een van die voorlopers as dit kom by eerlike musiek en stewige lirieke. Piet is op 23 September om 20:00 in Wellington. Kaartjies kos R120.
26 September
- Koue koors (met Marita van der Vyver, Deon Meyer en Schalk Joubert) is te sien op 26 September by die Bôrdienghuis-teater. Deon en Marita gesels oor haar boek, Dis koue kos, skat, wat verfilm is, terwyl Deon praat oor sy jongste misdaadroman, Koors. Schalk Joubert, wat betrokke was by die fliek se klankbaan, sorg vir die musiek en Bernice van der Merwe, wat op die stel vir die kos help sorg het, berei ’n onvergeetlike ete voor.
Die verrigtinge begin om 19:00. Kaartjies kos R140 en sluit ’n ete in.
Kroeg en pizzas beskikbaar. Die deur maak om 18:00 oop vir vertonings wat om 20:00 begin.
Besprekings by Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za.