By die Bôrdienghuis-teater

Die Bôrdienghuis-teater, ’n intieme venue by die Breytenbach-sentrum in Wellington, bied elke maand ’n verskeidenheid vertonings en bekendstellings.


Die Bôrdienghuis-teater, ’n intieme venue by die Breytenbach-sentrum in Wellington, bied elke maand ’n verskeidenheid vertonings en bekendstellings.

Om 11:00 vind Cloete Breytenbach se boekgesprek plaas. Die bekroonde fotograaf gesels oor die hersiene uitgawe van sy alombekende fotoboek oor Distrik Ses en sy mense in die sewentigerjare. Hierdie roerende boek, The Spirit of District Six, dokumenteer ’n hartseer en belangrike deel van ons geskiedenis. Gratis toegang.

  • Saterdagaand om 20:00 is Luna Paige en Peter Mitchell op die planke. Luna skop die vertoning met haar besonderse liedjies en die prettige stories agter hulle af, waarna Peter Mitchell die gehoor gaan voorstel aan sy Skotse persona. Kaartjies is R120.
  • 7 August

Slegs Mozart met Duo4 is om 18:00 te sien. Die duo bestaan uit die Amerikaanse houtblaas-spesialis, John Rojas en wederhelf, Maria-Elizabeth Bezuidenhout, mezzo-koloratuur.

  • 13 Augustus

Die bekendstelling van die boek Emily Hobhouse vind om 11:00 plaas.

  • 20 Augustus

Valiant Swart en Basson Laubscher tree Saterdag om 20:00 op. Kaartjies is R120.

  • 24 Augustus

Helena Hettema tree om 20:00 op. Kaartjies is R130.

  • 27 Augustus

Gert Vlok Nel en Schalk Joubert is op 27 Augustus om 13:00 op die planke. Kaartjies is R50.

Die aand om 20:00 tree Adagio op. Kaartjies is R100.

Heerlike pizzas word vanaf 18:00 bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar.

Vir besprekings en meer inligting, bel 073 435 1022 of stuur ’n e-pos na besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.