Die Busy Beez het hul jaarlikse teegeleentheid op 21 Oktober in die Wellington-stadsaal gehou.
Die gasspreker was Alicia Davids-Thöle, ’n fiksheidsghoeroe en persoonlike afrigter van Gauteng, en Marilene Beukes van Worcester het die vroue met haar sang geïnspireer.
Juanita van As, die eienaar van Hap Pea in Durbanville, se praatjie oor hoe sy haar slaai-onderneming gestig het, was ook besonders. Van As was mede-beoordelaar saam met Dawn von Buddenbrock, ’n kleremaker en kreatiewe grootgees in Wellington. Die wenners onder die Busy Beez is soos volg:
Kwilts: 1ste – Gwen Thöle; 2de – Runita Abrahams; 3de Anthea Morkel; 4de – Jasmiena Cook; 5de – Brenda Williams.
Handwerk: 1ste en 2de – Cathy Fester.
Breiwerk: 1ste – Sadie Gallant.
Hekel en Brei: 1ste – Jasmiena Cook, 2de plek – Vera Baron.
Uit die boks dink / kreatiewe werk: Rozanne Papier.
Joan Benjamin, voorsitter van die South African Union of Homemakers (SAUH) en Ursula Reynolds, voormalige voorsitter van SAUH, het ook die geleentheid bygewoon.