Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, het onlangs Amstelhof en LK Zeeman Primêre skole en Paulus Joubert Sekondêre skool besoek. Poole het skoolklere en ’n finansiële skenking aan die leerders gemaak. Van links is Vanessa Booysen (raadslid vir wyk 27), die burgemeester, Conrad Poole, Skyeler Bussack, John Goosen, Zavier Green, Lizna Davids, Luciano van Niekerk en Charmaine Moosa (hoof van LK Zeeman).