Die jare lange probleem van die talle plakkers wat hulle onder die Markstraat-brug tuismaak vererger steeds. Hier woon snags na raming meer as 30 mense, en dit in die hartjie van die Paarl. Volgens inwoners van Jan Smutsstraat veroorsaak hierdie “brugslapers” geweldige probleme met onder meer drank- en dwelmmisbruik, middernagtelike geskerts, om nie te praat van die onhigiëniese toestand onder die brug weens rommelstrooiery en ontlasting nie. Onlangs het die polisie weereens daar toegeslaan en onder andere bewys gevind van ’n groot hoeveelheid gestroopte kragkabels. Hulle sê ook hul versoeke aan die Drakenstein-munisipaliteit deur die jare om ’n permanente oplossing vir hierdie probleem te vind, val op dowe ore. Op die foto vaar ’n roeier vroeg in die oggend verby die “brugslapers”.