Het jy al ooit gewonder wie jou voorvaders is? Kom hulle uit Noord-Afrika, het hulle saam met die Hugenote na Suid-Afrika gekom, die Hollanders, Britse setlaars, Duitse wesies of uit die Asiatiese lande? Hoe dit ook al sy, ons is Suid-Afrikaners en ons is trots op ons herkoms.
’n Mens is so bevoorreg dat die Afrikaanse taal se oorsprong so pragtig in Ons kom van vêr neergelê is deur Wellingtonners en ander mense. Net so belangrik is “Waar kom ons vandaan” en “Wie is ons”?
Die Op ’n Stasiefees is weereens so dankbaar aan die Genealogie-vereniging van Suid-Afrika wat by die Stasiefees die ou Stasieskoolgebou saam met die skrywers en boeke ’n uitstalling sal deel.
Kom ontmoet vir dr. Andrew Kok en ander genealogie-kenners wat gratis hul tyd en kundigheid gee om daardie leemte te vul. Hulle sal jou wys hoe om jou voorvaders op te spoor om sodoende jou familie-stamboom op te stel.
Die uitstalling sal van 09:00 op 13 Mei oop wees vir besigtiging.
Die burgemeester, Conrad Poole, sal om 10:30 die uitstalling van skrywers en hul boeke amptelik open.