Die ‘Kokkedoor’-beoordelaar, sjef en restaurateur Nic van Wyk vier 21 jaar in die kosbedryf met sy eerste kookboek, Brood & Botter. Die boek word deur Human & Rousseau uitgegee. Hier sal jy heerlike onthoukos-resepte kry, soos Ouma Lenie se groenbone, boontjiesop, mieliepap en vele meer. Een gelukkige Paarl Post-leser kan hierdie boek ter waarde van R425 net betyds vir die feestyd wen. Stuur die naam van die boek per SMS na 066 484 3728 voor Maandag 28 November om 12:00.