Steve Hofmeyr tree saam met nog van die land se top- Afrikaanse musiekkunstenaars by die Bergrivier-oord in die Paarl op.Foto:


Die TopWineRoots Laailou-musiekfees bied Saterdag 19 November ’n opwindende nuwe musiek-ervaring by die Bergrivier-oord in die Paarl aan. Lê lekker op jou laailou op die Bergrivier of kyk na die vertonings uit die gemak van jou kampstoel.

Van Suid-Afrika se top- kunstenaars gaan by die fees te sien wees. Die program sluit in Karlien van Jaarsveld, Janie Bay, Tasché, Ampie, Corné Pretorius sowel as Loki Rothman en Margot Rothman.

Die Bergrivier-oord is absoluut geskik vir die aanbieding van ’n unieke fees met twee verskillende sitplekkeuses – jou kampstoel op die gras of jou laailou in die rivier.

Ja, jou laailou is daardie opblaas-dryflêding wat ons net in Desembers uithaal. Hierdie komende November gaan ons ons laailou’s weer afstof en almal lekker jaloers maak!

Die verhoog word met ’n 240-grade-gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailou’s sowel as toeskouers op hul kampstoele in die feesterrein bedien.

Die Bergrivieroord het pragtige staanplek vir tente asook luukse staanplek vir woonwaens.

Kinders is welkom en daar is hope vermaak om die kleingoed besig te hou.

Naweek-toegang: R470

Dagtoegang, Vrydag 17 November: R240

Dagtoegang, Saterdag 18 November: R280 per persoon.

Die oord het kampplek vir slegs 1 350 kampeerders.

Jou konsertkaartjie sluit toegang tot die feesterrein in, maar sluit jou kampplek uit, wat direk by die Bergrivier-oord bespreek kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article