Die alombekende Breyten Breytenbach ontvang vanaand (25 Mei) die Zbignieuw Herbert Internasionale Literêre Toekenning in Warskou in Pole.
Die plegtigheid begin om 22:00 in Suid-Afrikaanse tyd en sal in die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington oor die internet uitgesaai woord.
Wyn en sop sal van 21:00 beskikbaar wees.
Belangstellendes wat dit graag wil bywoon, kan hul bywoning bevestig by Jessica by info@breytenbachsentrum.co.za of per SMS by Francois by 083 408 1902.
Die prys word jaarliks toegeken vir uitstaande kunswerk en intellektuele prestasies, gekoppel aan die Poolse skrywer, digter en moralis Zbignieuw Herbert.
Vir meer besonderhede, besoek die Breytenbach-sentrum se Facebookblad.