Die nuwe jaar het met ’n reeks opwindende programme begin wat deur die Breytenbach-sentrum op Wellington aangebied word.
Een van die hoogtepunte is die gewilde reeks skryfskole wat reeds sedert September verlede jaar deur Rachelle Greeff by die sentrum aangebied word.
Die eerste skryfskool vir die nuwe jaar het reeds op 21 Januarie plaasgevind.
By die tweede, wat op 4 Februarie plaasvind, is die gas die bekende uitgewer Nelleke de Jager. Sy het haar loopbaan in die uitgewersbedryf begin by NB-uitgewers, daarna was sy hoof van Kwêla en tans van Human en Rousseau.
Op 11 Maart is die bekende digter Melt Brink die gaskunstenaar by die skryfskool.
Die gereelde skryfskole word tot 26 Augustus vanjaar aangebied en verskeie bekende skrywers soos Bettina Wyngaard sal daar optree.