Brandvlei-krieketklub speel tans witwarm krieket.Foto:


Die Brandvlei-krieketklub het Saterdag (18 November) teen De Wet KK op Bolandpark in Worcester gespeel en weer eens gewys dat hy ’n gedugte span is.

De Wet het eerste gekolf en 149 lopies almal uit in 34 boulbeurte aangeteken. Die beste kolwers vir De Wet was C. Niewenhuis (54), A. Pietersen (24) en L. Pietersen (35).

Hierna het Brandvlei-krieketklub die wenlopies in net 25 boulbeurte aangeteken – 150/1.

Brandvlei se beste kolwers was Dugloud le Roux (61 n.u.n.), Marco Alberts (38 n.u.n.) en Elroy Bosman (33).

Sy beste boulers was Marco Alberts (10 beurte; 5/30), Hilton Hendriks (4 beurte; 2/17) en Neo Cupido (4 beurte; 1/4).. Brandvlei speel Saterdag teen Hexvallei op De Doorns. Die span en sy bestuur bedank almal hartlik vir hul ondersteuning.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article