Brande woed in die Elandsberg Plaas-gebied en brandweerspanne het Donderdagaand weggespring om die vlamme onder bedwang te bring.
Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) se woordvoerder Anesca Roodt sê brandweerdienste kan bevestig dat hulle, saam met CapeNature en Winelands FPA sedert gisteraand ’n brand in die Elandsberg Plaas-gebied in Wellington bestry.
“Lugondersteuning is ontplooi en het om 8:55 begin. Tans is daar ’n totaal van 40 bemanningslede, wat bestaan uit KWDM-brandweerdienste se brandbestryders en grondspanne, asook personeel van CapeNature, op die brandlyn.”
Tensy die situasie verander en die brand ’n bedreiging vir eiendom of lewensbestaan inhou, sal dit die enigste verslag ten opsigte van hierdie brand wees, verseker Roodt.
- The Cape Winelands District Municipality’s (CWDM) Fire Services can confirm that they, together with CapeNature and the Winelands FPA have been battling a fire in the Elandsberg Farm area in Wellington since last night.


