Ten minste vier huise op Onverwagcht-landgoed op Wellington is deur ‘n brand in puin gelê .


Brandbestryders is tans verwoed besig om ’n verwoestende brand te bestry by Onverwacht-landgoed op Wellington.

Die brand het vanmiddag by ’n woning op die landgoed begin en weens sterk winde vinnig versprei na naburige wonings. 

So ver bekend is ten minste vier rietdakhuise in puin gelê, maar niemand is beseer nie. Talle nooddienste is op die toneel om te help om die vlamme te probeer blus, asook talle lede van die publiek het na die toneel gehaas om hulp aan te bied.

You need to be Logged In to leave a comment.