Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste en hul vennote, CapeNature is besig om ’n brand te bestry op Dutoitskloofpas
Die brand wat gister ontstaan het aan die Worcester kant van die pas, het vanoggend weer opgevlam en word aangehits deur warm, winderige omstandighede.
Daar is tans verskeie spanne van beide dienste op die toneel en word deur brandbestrydingsvoertuie bygestaan.
Die N1 is steeds oop vir verkeer.
Die KWDM-branddienste herinner die publiek dat die warm weer die ontstaan van veldbrande meer waarskynlik maak en dat stappers altyd vir mense moet laat weet waar hulle stap en wanneer hulle tuis verwag kan word.





