Die brand in Bosbokstraat in Chicago-woonbuurt het een lewe geëis. Skermgreep: EJ Breakingnews/ Facebook

Vandag (6 September) is ‘n hartseer dag vir die Chicago-gemeenskap in die Paarl, nadat ‘n vrou omgekom het in ‘n brand wat in Bosbokstraat uitgebreek het.

Volgens kapt. Basil Seekoei, woordvoerder van die Paarl-Oos-polisiestasie, het die brand ongeveer om 05:00 uitgebreek. Hy het bevestig ‘n 34-jarige persoon is in die brand dood.

Seekoei het bygevoeg dat geen kwaadwillige spel vermoed word nie en dat ‘n geregtelike doodsondersoek by die Paarl-Oos-polisie geopen is.

Die familie van die oorledene het bevestig dat dit ‘n vrou is wat gesterf het, maar hulle het geen verdere inligting verskaf nie.

Volgens voorlopige berigte het die brand drie strukture verwoes, maar Seekoei kon dit nie bevestig nie.

Volg Paarl Post vir meer oor hierdie storie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article