Vlamme woed Saterdag (15 Februarie) hoog, enkele meters van wingerde by ‘n wynplaas in die Banhoekvallei. Foto: Rasaad Adams


Brandspanne verbonde aan die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) sal waarskynlik tot in die nag spook om ’n vuur onder beheer te bring wat Saterdag (15 Februarie) in die Banhoekvallei tussen Franschhoek en Stellenbosch uitgebreek uit.

Die fokus sal wees om te sorg dat die vuur nie die Jonkershoek-berge bereik, het die KWDM in ’n verklaring gesê.

“KWDM-brandbestrydingsvoertuie en spanne, saam met gekontrakteerde grondspanne en die Stellenbosch-munisipaliteit se brandweerdienste, bly op die toneel.

“By hulle het ’n span van Volunteer Wildfire Services (VWS) aangesluit. Mountain To Oceans (MTO) het ’n span ontplooi om te verhoed dat die brand na die Jonkershoekvallei, wat anderkant Banhoek geleë is, oorsteek,” lui die verklaring.

Wynboere en hul werkers het ook gespook om eiendom

Wynboere en hul werkers het ook gespook om eiendom en hul wingerde te beskerm. Foto: Rasaad Adams

Terwyl brandbestryders besig was om vure in die hoogliggende gebiede van die Banhoekvallei te blus, het wynboere en hul werkers ook tot Saterdagmiddag gespook om eiendomme en hul wingerde te beskerm.

Trekkers en bakkies met watertenks is deur die wynboere van verskeie plase in die omgewing ingespan om te help met die brand.

Twee helikopters wat deur die distrik ontplooi is het ook tot laat Saterdagmiddag nog aktief vure geblus.

Volgens die KWDM sal hierdie lughulpbronne aanhou werk tot laaste lig en dat aktiewe brandbestryding tot in die nag sal voortduur, met ’n prioriteit op eiendomsbeskerming en inkamping.

Vlamme woed Saterdag (15 Februarie) hoog, enkele m

Vlamme woed Saterdag (15 Februarie) hoog, enkele meters van wingerde by ‘n wynplaas in die Banhoekvallei. Foto: Rasaad Adams

You need to be Logged In to leave a comment.